Klein se Staan Kiosk met produkte.
R10,500.00
VAT ’N STUKKIE KLEIN NA JOU BESIGHEID!
Het jy ’n salon, spa, apteek, boetiek, geskenkwinkel, tuiswinkel of ander besigheid en wil jy graag ’n ekstra inkomstegeleentheid skep?
Ons Klein Fastline-Kiosk is die perfekte manier om ’n lekker verskeidenheid Klein-produkte aan jou kliënte beskikbaar te stel — sonder dat jy ’n hele winkel vol voorraad hoef te maak.
Die pragtige, handelsmerk-vertoonstaander is kompak genoeg om maklik in jou besigheid in te pas, maar groot genoeg om ’n mooi verskeidenheid van ons gewilde Fastline-produkte netjies en professioneel uit te stal.
En hier is die lekker deel…
Ons het nog ’n beperkte aantal beskikbaar teen ons ou 2025-26 prys!
Dit is ideaal vir besighede wat graag vir hul kliënte iets ekstra wil bied — van ’n vinnige bederfie of geskenkie tot daardie “ooh, ek vat sommer een hiervan ook!”-aankope by die toonbank.
’n Klein hoekie in jou besigheid kan sommer ’n lekker ekstra inkomste begin verdien veral so aan die begin van die lekker besige geskenk-seisoen.